Wat om te doen in en om Ladybrand

 

1. Die Grotte by Rose Cottage, Modderpoort en Tandjiesberg is veral bekend vir die Boesmantekeninge. Rose Cottage het bewyse van "Stone Age Painters" en baie generasies van hulle naasbestaandes het in die Rose Cottage Grotte gebly. Die datums vir vuurherte is 'n paar honderd jaar oud.

 

2. Die Stalle - 'n groot rots skuilplek wat deur die Boere gebruik is om skuiling vir hulle perde te bied gedurende die Booth-oorlog in 1858

 

3. Talle geboue en huise in Ladybrand is gemerk as Nasionale Monumente

 

4. Die Suid Afrikaanse Polisie Stasie is gebou deur Alex Patterson in 1875. Die Magistraat kantoor en hof, wat deel vorm van die kantore, het amptelik op 1 Maart 1875 geopen, maar was in 1896 deur 'n brand verwoes. Die gebou is herstel teen R5600,00 en was volkome herstel op 1 Junie 1898.

 

5. Die NG Kerk in Piet Retiefstraat is deur Mr. Gustav Rohde in 1889 gebou en is die eerste keer op 15 November 1890 in gebruik geneem.

 

6. Ladybrand Primêre Skool is 'n pragtige sandsteen gebou met 'n pragtige struktuur en word sedert 1946 gebruik.

 

7. Die Grot Kerk by Modderpoort

 

8. Die graf van Mantsopa Anna Makheta by Modderpoort

 

9. Hoërskool Ladybrand - die skool gebou sowel as die Skoolhoof-huis is gebou in die Edwardian styl. Die skoolsaal is later in 1930 gebou.

 

10. Die Antjie Scheepers Monument - hierdie sandsteen monument is gebou ter nagedagte van Voortrekker heldin en lid van die Trichardt Trek. Dit is ontwerp deur Gerard Moerdyk. Die inhuldiging het op 10 Oktober 1963 plaasgevind.

 

11. Die Metodiste Kerk is in gebruik geneem in 1892 en was klaar gebou in 1896.

 

12. Die Rooms Katolieke Kerk is ingestel in 1925

 

13. Die St. James Anglikaanse Kerk is in 1897 gebou.


Terug na bo

Website designed:February 2015                                                                             by Johan.vanEyssen and Ladybrand Guest House